awards banner

Op Donderdag, 29 Augustus 2013, het ’n stormsterk wind oor Bloemfontein gewaai. Die veld het in die omgewing van Lettie Fouché Skool aan die brand geraak en ’n vonk is oor ’n afstand van +/- 80 meter deur die wind op die grasdak van die Lettie Fouché-Lapa gewaai.

Die brandweer was gelukkig gou op die toneel en was al teenwoordig toe die vonk die dak getref het. Die gras het begin smeul, maar het nie in vlamme begin opgaan nie omdat elke bondel gras wat deur Recon Thachers op die dak gebruik voorafbehandelde THATCHBOR dekgras is. Dit het die brandweer genoeg tyd gegun om hulle brandslange te koppel en hulle pompe aan die gang te kry om die smeulende THATCHBOR behandelde dekgras met water te bespuit.

Een van die senior brandweermanne het aan Mnr. Dawie Hugo, skoolhoof van Lettie Fouché-skool, gemeld dat hy dadelik kon sien dat die dekgras teen brand behandel is, aangesien hy al tientalle grasdakke wat nie gehandel is nie in sulke sterk wind voor sy oë sien afbrand het. ’n Ander brandweerman het genoem dat wanneer ’n onbehandelde grasdak in sulke winderige omstandighede brand, dit bykans onmoontlik is om die vlamme te blus. Hy het gesê dat dit soms lyk asof die water wat hulle spuit in stoom opgaan wanneer dit die masiewe vlamme tref.

Lettie Fouché-skool is Recon Thatchers baie dank verskuldig dat hulle die grasdak met THATCHBOR voorbehandelde dekgras gedek het.

Bloemfonteiners sal onthou dat hierdie einste grasdak in 2003, toe dit met onbehandelde gras gedek was, binne minute totaal deur ’n brand verwoes is. Die brandweer kon nie daardie vlamme blus nie.

Home  |  Legal